Wednesday, September 24, 2008

Afrikaans, ons erfenis

Die Erfenisdagvure is tot 'n groot mate gedemp deur die chaos in ANC geledere. Baie wonder natuurlik, so rondom die braaivleisvure, wat lê nou voor. Miskien is die tydsberekening van Erfenis dag, 'n blessing in disguise vir ons om weer te luister na ons stories, so om die vuur.

Een substorie is uiteraard die Afrikaanse storie. Dis nie die tyd en plek om weer na te gaan wie se taal dit is nie. Taal, so lyk dit vir my, is anyway nie die eiendom van individue, of groepe of die elite in society nie. Taal groei, gryp aan en kleef aan 'n mens; 'n mens sou eerder kon waag dat ons plek-plek die eiendom van 'n taal word. Jy probeer weghardloop, maar dan haal jou skaduwee jou in. Jy hoor 'n uitdrukking, lees iets en jy ruik jou ouma se kombuis, die rook van die koolstoof en bakbrood, of jy hoor die hoederhaan vroeg in die oggend. Op daai moment weet jy: dis die huis, dis waar ek hoort.

'n Ander angle sou wees om tog ter wille van perspektief, doodeenvoudig vir Herman Gilliomee aan te haal as hy skryf oor die onstaan van Afrikaans: 'Gedurende die eerste sewentig jaar van die nedersetting het slawe en Khoi-khoi-bediendes waarskynlik die grootste rol in die ontwikkeling van die taal gespeel' (2004:42)

of

'Afrikaans is die eerste keer in gedrukte vorm gebruik in Arabiese gebedeboeke wat in die 1840s en 1850s vir die Moslemgemeenskap in Kaapstad opgestel is' (:176)

Gilliomee haal verder vir J.H.H. de Waal aan wat aandui dat destyds, 'n seker elite koloniste Afrikaans beskou het as 'n verarmde dialek, ontaarde Hollands, 'n onverstaanbare Kreoolse taal en les bes, 'n 'Hotnotstaal' sonder enige toekoms.

Interessant hoedat ons stories, dit wat ons ge-erf het, 'n mens nie net kan terugvat nie, maar ook vorentoe.

Bron:
Giliomee, H. Die Afrikaners: 'n Biografie. Tafelberg Uitgewers. Kaapstad. 2004.

4 comments:

Danny said...

Ek stem saam, Reggie. Ons moet ons posisie in terme van ons taal Afrikaans bekyk rondom dit gedagte van ons erfenis. Ons is so gemaklik om ons erfenis maar op te laat gaan in die algemene kultuurbelewenisse in ons land. Dit is bv. in 'n onduidelike Engels wat as standaard beskou word. Dit, terwyl ons baie duidelik 'n Afrikaanse basis het. Vir my moet ons tesame met Engels 'n gepaste derde taal begin aanneem bv. 'n Afrika taal wat in ons streek of provinsie gepraat word. Dit doen ons uit ons eie agtergrond met Afrikaans, maar as deel van die diverse taalgemeenskap in Suid-Afrika.

Groete, Danny.

chessaleeinlondon said...

Oulike inskrywing! Ek sal graag wil he dat jy meer moet skryf! :)

Reggie said...

Ek dink die meeste mense leef bloot Afrikaans, sonder om dieper daaroor te dink en selfs te skryf. Ons moet inderdaad dit aanmoedig.

SwartSkaap said...

Ek is n trotse Afrikaner en my uitkyk is dat dit nie saak maak of jy wit swart of bruin is nie,as jy jy Afrikaans is - is jy my broer!