Friday, April 4, 2008

En waar pas die bruin mense in ?

We felt that this article is so relevant for our conversation that we've included it in full, courtecy of Die Beeld. Under the heading "En waar pas die bruin mense in?", dated Apr 02 2008, prof Richard van der Ross, former rector of the University of the Western Cape, deals with the question of identity, but also the complext matter of creolization. The issue of 'mixture', as argued previous posts, to understand the identity of bruinmense, may however not be helpfull, as it is premised on the myth of 'pure' races. Our arguement has been that this is not helpful as,(at least genetically) there seems to be a substantial and growing body of knowledge which indicates that essentialist racial purity does not exist. This discussion is not over yet and we need to come back on this. For now let's hear prof van der Ross:

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vir 2008 is verby.Ek was nie daar nie, maar ek het die prentjies in die koerante dopgehou. Baie mooi. Maar elke jaar, en ook intussen, kom dieselfde vraag by my op: Waar pas ek by hierdie verrigtinge in?

Nou maar goed, ek sien van die ander bruin manne daar, maar hoe lyk dit dis elke keer dieselfde ouens? Min of meer. Hulle sê die fees is inklusief, maar wie word ge-include? Met die afsluit van die fees dra Rapport (20 Maart) onder meer ’n volle bladsy daaroor, met onder meer die opskrif : Ons Afrikaanses vir jou, SA. Ek weet nie wat die skrywer, Andries Vrey, daarmee bedoel het nie, maar die hele stuk gaan oor die bruin mense. Is ons, of is ons nie? Behoort ons, of behoort ons nie? Word ons gereken, of word ons nie? Word ons verdra, of word ons nie? Arme ons.

Mind you, ons was daar. Maar die blote feit dat die koerant die manne kan noem, en uitlig, en beskryf, wys dat daar maar bra min was. Selle ou toppies. Die bruin hoof van dié en die bruin hoof van daai. Maar dit lyk of die bruin mense maar nog as ’n aardigheid by die fees beskou word. Die onderhoof van die artikel sê: “Bruin mense en hul insluiting by veral Afrikaanse bedrywighede is veral weer by die KKNK bekyk.”

Sien wat ek meen? Afrikaners is ons nie. Afrikaanses, miskien wel. Maar nie heeltemal nie. Volgens die feesprogram, soos aangehaal, is die volgende vrae, onder meer, gestel: Bruines in Media 24 – Joernaliste of Uncle Toms ? Bruines by vorige wit universiteite se Afrikaansdepartemente – hoofde of kanonvoer vir die stryd om Afrikaans se oorlewing? Wat van ’n bruin Afrikaanse tydskrif of koerant wat onbeskaamd op die bruin gemeenskap fokus? Liewe leser, laat tog jou gedagtes oor hierdie oeroue vrae gaan.

Maar nou wil ek ’n ander vragie aanroer. Nie ’n nuwe nie (niks is nuut nie), maar miskien uit ’n nuwe hoek gesien. Van al die name wat in die verlede gebruik is om ons (dis nou ons bruin mense) te identifiseer, het ek nooit die naam Kreool gehoor nie. Nie onlangs nie. Doer in die verlede het my oupa glo homself beskryf as ’n Franse Kirjool, maar Oupa is lankal weg. Die woordeboek beskryf ’n Kreool as “Afstammeling van ’n blanke en nie-blanke” . . . byvoorbeeld in voormalige Engelse en Nederlandse kolonies, maar nie in Suid-Afrika nie.

Waarom nie in Suid-Afrika nie? Dis ’n lang storie, wat nie hier uitgepluis kan word nie, en ek pleit nie dat ons Kreole genoem word nie, maar liewer dat ons erken dat ons, as mense van gemengde afkoms, ons in ’n mate identifiseer met mense van gemengde afkoms oor die wêreld heen.

Daar is Kreole in baie dele van die wêreld – in Suid-Amerika, Sentraal-Amerika, om nie die hedendaagse swartes in Noord-Amerika en die Metis (wit en “Indiërs” van Kanada) te vergeet nie.

Dis mense in die Wes-Indiese eilande, in Spanje en ander dele van Europa, oral in Afrika, en in die Ooste. Baie het plaaslike name opgedoen, soos Mulatto, Chicano, Mezisto, Metis, Eur-African, Eur-Indian, en andere. En oral is daar kulturele eienskappe wat voortgevloei het, soos die musiek van die Wes-Indiërs, en hul besondere danse en kunswerke, om nie te praat van taal nie. Oral word daar ook met trots eie werke van geskiedenis, prosa en filosofie voortgebring.

Gevolglik is daar akademiese werke, studiegroepe en sentra by universiteite gestig wat die fokus laat val op die eie kulture van die verskeie groepe. Dit dra alles by tot ’n trots op die eie, nie net van die Kreole nie, maar van die betrokke lande. Die mense het in hoë mate uitgestyg verby die tyd en stadium waar hulle as minderwaardig beskou is, en het oor die jare volwaardige mense van hul land en van hul bevolkings geword. Maar belangriker, in hul eie siening, in hul gees. Hulle het die stadium ontgroei waar hulle net aanhangers was van ander groe-pe, hetsy ekonomies, polities of demografies.

Stel jou voor, liewe leser, dat ons (dis nou weer ons) onsself deur ’n ander bril kan aanskou. Natuurlik is ons voortvloeiend uit ander stamme en mense, (wie is nie?) maar uit daardie proses van kreolisering kom ’n sterk, eie selfbewuste entiteit, wat by niemand se agterdeur wil inkruip nie. Is dit moontlik?

1 comment:

Wessel said...

Ek wonder hoekom gaan nie meer coloureds na hierdie feeste toe nie? Voel hulle nie welkom nie? Is die materiaal wat aangebied word te wit? Wat dink BDF?