Thursday, February 28, 2008

Bekamp rassisme by Kovsies

Die gewraakte inisiasie rite by die Reitz koshuis van die Kovsies, wat die hele land aan die walg het, maak 'n sweer oop wat al lankal gedreig het om oop te bars. Ons voeg ons stem by die absolute afkeur en skok.

Daar sal egter ook gekyk moet word na die feit dat dit bloot die punt van die ysberg is. Daar is wydverspreide weerstand vanaf wit studente teen 'integrasie' van koshuise. Nou moet ons verstaan: dis 14 jaar na Madiba as president ingehuldig is, die huidige studentecorps is gebore in die middle na laat 80, toe dinge al skuif in die land, so hulle het nie 'onder apartheid' groot geword nie.

Aan die anderkant is daar daai klomp Heidedallers,Noord Kapenaars, Karoonaars, wat Afrikaans praat en leef, wat op Vrystaatkampus kom, niks erg het aan politiek het nie en dan by koshuise (juis omdat hulle nie wit is nie !) nie welkom voel nie, of uitgelewer is aan siek sadistiese seniors. Die realiteit is dus dat die volk nog nie deur die veranderinge in die land gewerk het nie. Die opvoeding van ons kinders kan egter nie op die spel geplaas word twv hierdie rassisme nie...dit moet veroordeel en uitgeroei word met wortel en tak.

No comments: