Wednesday, February 27, 2008

ANC en die ATKV gesels oor die plek van Afrikaans


Dis baie insiggewend dat die ATKV en die 'nuwe' ANC besig is om vir mekaar ogies te maak en nader na mekaar te skuif, na die Polokwane Rubicon. Die Beeld berig dat die twee organisasies met mekaar gesels oor groter samewerking.

Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) het uiteraard 'n tipe geskiedenis wat deel is van die groter komplekse storie van Afrikaans in Suid Afrika. Die feit dat kultuur en taal menigmale (en ook vandag nog onder die ANC) as 'n wapen in die ideologiese stryd opgeneem word om die heersersklas se posisie bestendig, het nie by die ATKV verby gegaan nie. Baie Afrikaanse bruinmense sou met reg skepties wees oor betrokkenheid by die ATKV juis vanwee hierdie rol en geskiedenis. Dinge is egter baie maal meer kompleks as wat dit mag lyk. Dit is veral so ten opsigte van taal en kultuur en in besonder die Afrikaanse taal. Hierop gaan ons nie op hierdie stadium in nie, maar wil dit bloot stel (asof ons dit nie weet nie) dat Afrikaans se ontstaan en ontwikkeling, as 'n Afrika-taal, ten diepste gewortel is in die konteks en ervaring van die kolonialisme in die slawekwartiere, aan die Kaap. In 'n post op Beyond Identity, The Purity of the Afrikaners, word gestel,
Also, the Afrikaans language spoken by Afrikaners, was actually originally spoken by slaves. Just like in the United States of America, where Black English or Ebonics developed from the broken English Southern dialect spoken by Black Americans, Afrikaans developed in the same way. The Afrikaans language, although Dutch based, absorbed many Khoikhoi, Malay, and Indian words. As white colonial children were raised by non-white slave mammies and had mixed-race children for playmates, one can see how the white settlers abandoned their Dutch language for Afrikaans instead. The very fact Cape Coloureds still speak Afrikaans, even though their ancestors did not participate in the Great Trek, shows that the language did not originate amongst the Voortrekkers, as Afrikaner white supremists claim. Cape Afrikaans (spoken by Coloureds) and Orange River Afrikaans (spoken by white Afrikaners), although baring dialectic differences, are similar enough to be regarded as the same language and mutually intelligible. Thus, Afrikaners ironically, speak a language with non-white origins.


Strenggesproke is die Afrikaanse taal en kultuur dus 'n produk van 'n unieke Afrika bricolage, maar en dit is die kritiese punt, wat op progressiewe wyse ontwikkel en voortwoeker, binne nuwe kontekste en onder nuwe heersers. Die poging tot opeis en ideologisering van hierdie rykgeskakeerde organiese proses, deur Afrikaner Nasionalisme, onder die Britse Empire en later die konsolidasie, onder Nasionale Party bewind het gelei tot ongekende ekonomiese welvaart en sosiale ontwikkeling in die wit gemeenskap, maar ook tot die doelbewuste verarming en politieke marginalisering van die bruinmense. Hierdie politieke magspel kon egter nie weerbarstigheid en lewenskragtigheid van Afrikaans onder bruinmense demp en uitdoof nie. Dit het voortgeleef ( ten spyte van grootskaalse verengelsing)in ons gemeenskappe, onder ons kinders in hulle hip hop (check out Prophets of Da City-POC, Black noise, BVK) en in ons politiek, opvoeding en godsdiens. Dit is om hierdie rede dat die herdefiniering van Afrikaanswees, en daarom van Afrikaans-gegronde instellings krities belangrik is in die ontwikkeling en heropbou van ons land, vandag. Die rol van bv 'n instelling soos, Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, is sentraal in die transformasie en ontginning van bestaande instellings, ter wille van hierdie proses van herdefiniering. Soos die artikel in Die Beeld dan ook stel, is die kwessies van armoedebestryding en welvaartskepping op die tafel. Dit moet egter skerper belyn word: Die geselsies moet aangeknoop word met progressiewe mede Afrikaansprekendes (soos die span by SBA) en die begunstigdes in die prosesse moet bruinmense wees, bruin kinders wat op die plase en in die landelike dorpies, maar ook agtergebly het in die tradisioneel bruin lokasies en eenvoudig, Afrikaans leef. Die ANC (die huidige heersersklas) is egter nie so 'n sleutelrolspeler in die verband nie en sal uiteraard die proses stuur in die rigting van die beurse van die 'comrades'. Wat nodig is, is dat sleutelleiers, wat nog in voeling is met die community, wat hulself onderskei het in hul velde, hetsy, ekonomie, opvoeding, regsgeleerdheid, religie of sport en kultuur ernstig opgeneem word in die 'geselsies', oor taal en kultuur.

In die verband hou ons met groot belangstelling die ontwikkelinge in en deur die ATKV fyn dop, prof Hans du Plessis, maar meer nog, het die tyd aangebreek vir visionêre bruin leiers om, aan stuur van sake, Afrikaans te laat gedy in die publieke ruimtes.

No comments: