Friday, January 18, 2008

De Villiers kry werk in konteks van ras-diskriminasie, volgens Ferdie

Ek hou somes van Ferdie se punte. So kom ons gesels.Ferdi Greyling argumenteer in die Beeld, 18 Januarie 2008, onder die opskrif De Villiers se pos nie nie-rassig nie, dat de Villiers se aanstelling in die konteks van ras-diskriminasie is. Alhoewel Greyling dit nie eksplisiet sê nie, werp hy deur die artikel tog 'n skadu oor die proses, en daarom ook oor De Villiers se bevoegtheid. Hy skryf: 'De Villiers( hoe goed soos hy is en so baie integriteit soos wat hy het) was dus gekies vanuit 'n kortlys wat op rassegronde saamgestel is en wat nie al die beste afrigters in ons land [hy verwys vroeër in sy artikel, na Jake White, Rassie Erasmus, Eugene Eloff, Dick Muir en Naka Driske-BDF] se name opgehad het nie omdat verskeie van hulle die verkeerde ras is'.

Greyling plaas tereg die aanstelling binne die konteks van die land se Grondwet, en verwys later na 'regstellende aksie' en 'transformasie'. Hy is van mening dat transformasie (asook 'regstellende aksie' ?) 'n kode woord is vir 'nie-wit', wat dan iets verklap van die reaksie elke keer as hierdie woorde in 'n gesprek kom.. Sy argument is egter ten diepste gegrond op 'n storie waar hy sy wit bevooregting, onder apartheid erken maar terselfdertyd sy skuld daaraan ontken after all: Dit was nou eenvoudig die konteks- en so meen hy, het hy nie 'n sê gehad of 'n keuse daarin gehad nie. Dit was genade onverdiend. Hy vertel: 'Dit was onvermydelik dat ek destyds in die ras-bevoorregte wit skool sou wees. Dit was die konteks van die tyd. Dit was nie my skuld nie, maar dit was 'n werklikheid-'n onregverdige, rasgegronde werklikheid.' Hieroor het hy, volgens hom nie 'n keuse gehad nie- 'n keuse na die ander kant sou tewens 'mal' en 'dom' wees en hy sou oor die keuse, les bes 'in die tronk beland het'.

Die probleem met hierdie denkwyse, Ferdi, is dat jy wel 'n keuse gehad het en dat jy/julle gekies (gestem) het vir die onregverdige, rasgegronde werklikheid en daarom bevoorregting. Mense soos de Villiers het nie 'n keuse gehad het nie en moes agter die sinkplate en op die 'gravel' velde oefen en speel. Hulle was aan die ander kant, nee, die onderkant van die bevoorregting, terwyl mense soos White, Erasmus en die ander wit afrigters, soos wat jy hulle noem, inderdaad onregverdig bevoordeel is. Hulle kon die belastingsgeld en aandag van apartheid in ervaring en 'bewese sukses' sukses omskep. Dit is die verlede en baie sou wou hê dat ons dit daar laat. Dit kan egter nie. Dit is dan juis die Grondwet wat hierdie verlede as vertrekpunt en verwysingsraamwerk het waarbinne ons vandag leef en werk, moet die doel om hierdie ongelykhede reg te stel. Ons lees die eerste drie sinne in die Preamble:
'We, the people of South Africa,
Recognise the injustices of our past;
Honour those who suffered for justice and freedom in our land.'
Maar meer nog, die skeefgetrekte werklikheid het nie in 1994 skielik verdwyn nie en dit is hier waar regstellende aksie en transformasie inpas. Die vraag is hier hoe dit reggemaak word daar waar ons werklikheid nog steeds skeefgetrek staan vanuit hierdie verlede.

Miskien is die hele argument bietjie uitverband geruk, want die feit is toe hulle (die 'beste' afrigters in ons land dan) die kans gehad het om aansoek te doen, toe het hul keuse (demokratiese reg) uitgeoefen om nie aansoek te doen nie.

No comments: