Friday, February 2, 2007

Max du Preez oor de la Rey

Die song van Bok van Blerk maak groot opslae- verkoop by die hordes en vir baie 'kenners' druk dit uit 'n soeke onder die 'Afrikaners' na 'n leier. My vraag saam met Max is bloot: lê die hoop van wit Afrikaansprekende Africans in 'n teruggryp na die slegte ou dae, met leiers wat nie in ander mense, mede mense kon ontdek nie? Sommige sê: die ouens was dapper ( soos die Boeremag lede of die Waterkloof-4 of Steven Hofmeyer) Ek lees die artikels en die berigte in die Beeld en verstik in die negatiwiteit- die nuwe (swart) SA is sleg en korrup en die expats is dapper slagoffers van 'n diskriminerende bestel. Nou wat het dit met Bruindevelopment te doen ? Eenvoudig dit: Ons self as bruinmense hardloop baie keer op dieselfde bane en loop die gevaar om onsself ook maar op hierdie wyse in die hoek te skryf en verf. Wat eerder nodig is om te erken dat daar is lyne wat hardloop oor rasgrense, bv wanneer dit kom by taal. Daar 'n ook nuwe kreatiewe identiteite wat opkom... ons is gewortel in Afrika- ons is Africans en trots daarop, ons kan dapper stry teen geweld, onderdrukking en onreg. Dit is vir my op hierdie spore dat 'n mens begin identifiseer met leiers. Een van hulle, vir my is figure soos die ontslape, Oliver Reginald (OR) en 'mam' Adelaide Tambo- dapper mense helde

No comments: