Wednesday, February 25, 2009

‘n vergete bruin stem


 

Daar gaan nou weer vurig na die bruin stem gevry word. En dis redelik maklik: Cope wil niemand anders as 'n bruine in die Kaap instoot nie, maak nie saak wie nie. Ek dink die ANC sal miskien ook vir Lynne Brown op die voorgrond skuif- afterall, haar van beteken bruin. Die Bruin Belamge Inisiatief het alreeds met JZ tee gedrink so hy, so lyk dit my, voel miskien ook hy het sy bit gedoen vir die 'Coloureds'- hulle is mos ook sy eie mense, ens. Dit is nie dom om met die volgende president van die land bande te smee nie, miskien blyk dit 'n meesterskuif te wees. Wie weet….

Die artikel van Henry Jeffreys het my weer oor die bruin stem laat dink. Is daar so iets ? Was daar so iets, êrens in die verlede ? Is daar so iets binne die denke van die ANC ? Danny Titus, het 'n jaar of twee gelede, by 'n Biko konferensie uitstekend daarop gewys dat die ANC, nie altyd oop was vir bruin mense nie. As mens kyk na die sogenaamde 'struggle heroes', dan is die oes maar min. Miskien was hulle nie in die struggle nie of beter gestel, miskien moes hulle eers 'black' word, om te kon kwalifiseer vir 'struggle credentials', 'black and proud'. En tog, kan menigde onthou, 'n onbekende onderwyser, dominee, studenteleier, shopsteward in die fabriek, wat vreesloos die 'system' aangevat het, wie in die nag uit haar bed gejaag is, deur die 'law's en die 'caspirs' in die tronke, in donker kamers gebrutaliseer, psigies vermin, vir dae op die vlug was, is ter wille van die 'struggle', ter wille van ons mense. Wat het van hierdie generasie geword?

Dit is die generasie, waarvan wyle Patrick Petersen van die Weskus, geskryf het,

hoe troos 'n mens 'n ma
wat haar deure sluit en die luike grendel
hortjies toetrek binne wegkruip
mense vrees wat voerings uitkeer
met kykers graaf hoe diep sy skeur
soos twee rotslae
dinamiet ruik en 'n donga laat ?

hoe verduidelik mens 'n ma
na wie die dood omkantel
'n vryheidsvegterseun
en oor en oor
moes hoor
geen toesprake, vlae of stoet
geen massahuldeblyk of groet
geen strydgesang
net bome take bosse
wat êrens noord mag halfstok hang
hoe sterk mens so 'n ma ?

Dit is die herinneringe, die wonde wat leef in die bruin gemoed en so sterk vertel word in die movie, Forgiveness. Dit is die stemme, bruin stemme wat gehoor moet word… en hierdie stemme vra nogsteeds na antwoorde, nie goedkoop bemarkingstruuks nie, nie die ligsininghede van lawwe 'youth league brats' nie; dis 'n soeke na diep en duur antwoorde op die vraag na die vergete guerrilla, die een wat nooit bestaan het nie…

Tuesday, October 28, 2008

IZZIT Magazine hardloop !


Nog 'n nuwe initiatief waar ontwikkeling van bruin gemeenskappe stukrag kry, is die nuwe glanstydskrif, Izzit. Izzit is die brainchild van aktrise/skrywer Fatima Abdool, asook ander bekendes soos Errol Felix, Danny Titus, ens.

Monday, October 27, 2008

Slaweopstand, 27 Oktober 1808

Almal wat in SA, afstam van slawe, deel 'n erfenis wat krities belangrik is in die gesprek oor 'n gedeelde geskiedenis (storie) en gedeelde identiteit. Dit is interessant hoedat 'n klein storie, vandag, hierdie gesprek anker in 'n verlede verder terug as apartheid. Miskien is dit juis hierdie raamwerk, wat op 'n dieper vlak, ons verbind aan mekaar, in 'n gedeelde stryd om vryheid- 'n stryd wat vandag nog voort woed.

Die Burger berig...
Die slawe wat aan die 1808-opstand deelgeneem het, was die eerste vryheidsvegters in Suid-Afrika, het ’n bekende historikus die naweek hier gesê.

Prof. Jatti Bredekamp, uit­voe­rende hoof van Iziko-museums, het dié stelling Saterdag gemaak ná ’n herdenking van die opstand op 27 Oktober 1808. Vandag is dit presies 200 jaar gelede.

“Volgens hofstukke by die Kaapse argiewe in Roelandstraat het slawe in die opstand aangedui dat hulle hul vryheid wil opeis.

“Daarom kan na hulle verwys word as die eerste vryheidsvegters.

Lees hier verder.

Wednesday, September 24, 2008

Afrikaans, ons erfenis

Die Erfenisdagvure is tot 'n groot mate gedemp deur die chaos in ANC geledere. Baie wonder natuurlik, so rondom die braaivleisvure, wat lê nou voor. Miskien is die tydsberekening van Erfenis dag, 'n blessing in disguise vir ons om weer te luister na ons stories, so om die vuur.

Een substorie is uiteraard die Afrikaanse storie. Dis nie die tyd en plek om weer na te gaan wie se taal dit is nie. Taal, so lyk dit vir my, is anyway nie die eiendom van individue, of groepe of die elite in society nie. Taal groei, gryp aan en kleef aan 'n mens; 'n mens sou eerder kon waag dat ons plek-plek die eiendom van 'n taal word. Jy probeer weghardloop, maar dan haal jou skaduwee jou in. Jy hoor 'n uitdrukking, lees iets en jy ruik jou ouma se kombuis, die rook van die koolstoof en bakbrood, of jy hoor die hoederhaan vroeg in die oggend. Op daai moment weet jy: dis die huis, dis waar ek hoort.

'n Ander angle sou wees om tog ter wille van perspektief, doodeenvoudig vir Herman Gilliomee aan te haal as hy skryf oor die onstaan van Afrikaans: 'Gedurende die eerste sewentig jaar van die nedersetting het slawe en Khoi-khoi-bediendes waarskynlik die grootste rol in die ontwikkeling van die taal gespeel' (2004:42)

of

'Afrikaans is die eerste keer in gedrukte vorm gebruik in Arabiese gebedeboeke wat in die 1840s en 1850s vir die Moslemgemeenskap in Kaapstad opgestel is' (:176)

Gilliomee haal verder vir J.H.H. de Waal aan wat aandui dat destyds, 'n seker elite koloniste Afrikaans beskou het as 'n verarmde dialek, ontaarde Hollands, 'n onverstaanbare Kreoolse taal en les bes, 'n 'Hotnotstaal' sonder enige toekoms.

Interessant hoedat ons stories, dit wat ons ge-erf het, 'n mens nie net kan terugvat nie, maar ook vorentoe.

Bron:
Giliomee, H. Die Afrikaners: 'n Biografie. Tafelberg Uitgewers. Kaapstad. 2004.

Thursday, September 18, 2008

New Movie on the life of Sandra Laing


"In apartheid-era South Africa, a country where race meant everything, Sandra Laing was a poster child for injustice, classified "colored" even though her parents were white.

Kicked out of an all-white boarding school because of the color of her skin, Laing was later reclassified white in response to her parents' legal campaign. But in a viciously racist society, her family rejected her when she fell in love with a black man, leaving her to start her life anew.

Her story has now become a movie, "Skin," which opened to a standing ovation at the Toronto International Film Festival this week....."

Read more on the Washington Post

Another story in the film on BBC News

Tuesday, September 2, 2008

Bruin initiative and being proudly South African

A lot has been said about Bruin Belange Inisiatief, (CCI) and that it is a reversal to an outdated, old South African identity, a relic of the past, best left behind. Apart from an emotional bitter attack from Jonathan Jansen, which unfortunately said more about himself then about BBI; 'on the ground' there is a positive vibe about this initiative.

Yes, of course, BBI need to hear and take heed of the voices of caution. It cannot become home to bitter and opportunistic ethnic revivalism, a place for some racist and vile characters, with rotting political carcasses as a kind of Lazarus-moment. From those in charge of BBI this is evidently not the intention and hopefully the movement will be able to steer clear of these types.

What is critical at this juncture of our South African transformation process, is the mobilization of all communities under the banner of our constitution. This is a time to revive the notions of self-help and self-pride, in order to build sustainable communities. These notions are nothing new and some-one like Steve Biko, but also other post-colonial thinkers saw these as critical to the restoration of the dignity of Africa. This re-building of the self, also include movementbuilding, which will sustain the ideas and the cultural transformation that we all seek. It is at this point where new initiatives and social movements will be crucial and we will see more and more of these staking their claim.

The question is whether a notion like bruin-ness (coloured-ness) could be or should be harnessed in this quest ? What has happened to black-ness or to our South African-ness or even African-ness. These are the fundamental questions that BBI will have to deal with concisively and it would be fascinating to hear the leadership speak out on these. At least from one perspective it could be argued that these are still valid, but that we, given the current political configurations, can only speak of these in a hyphenated mode, i.e. referring to coloured-South Africans, or coloured- Africans, etc, This type of language, although with and evident resemblance to old colonial and apartheid nomenclature, is of course inadequate. The language of our current legislation is inadequate. This remains exclusivist, in terms of which the bruin (coloured) can never be African, but also the mixed-ness of 'Áfricans' and Afrikaners is negated. Should these initiatives base their struggle on progressive and post-colonial identifications, transcending old conceptualizations of race and ethnicity and which appreciate this open-ness, then we may see possibly the first subversion of apartheid-type language. This may be hopeful and worth pursuing.

What will this mean for the ordinary farm worker, in Paarl or the unemployed youngsters of Eldos? It will mean that she is not marginal or invisible in the new SA, but that she is embedded in the colour-ful tapestry of a proud movement, who works towards justice for all people, because its black and white that are in our blood.

Tuesday, June 24, 2008

Die regmatige plek van bruinmense- debat

Jan-Jan Joubert het ook sy stuiwer in die armbeurs gegooi in die debat rondom bruinwees, maar meer spesifiek die plek van bruinmense in die ekonomiese ontwikkeling van die land. Hy neem 'n kritiese posisie in deur die pogings om ons regmatige plek op te eis, te relativeer deur 'n oproep tot 'n breë Suid-Afrikanisme. In sy artikel, Wat is die bruin mense se regmatige plek in SA, argumenteer hy dat bruin kwessies uiteindelik Suid-Afrikaanse kwessies is en dat die aandrang van sogenaamde bruin intellektueles, binne die konteks van 'n nie-rassige standpuntname nie bloot onwys is nie, maar 'n diepe rasbeheptheid verklap-die ou apartheidsdenke.

In my persoonlike blog, het ek geredeneer dat hierdie wyse waarop nie-rassisme gehanteer word die geskiedenis van verontregting goedskiks ontken en dus die regmatige aandrang op regstelling ondermyn. Nie-rassigheid as ideologie is bloot relevant daar waar die werklikheid dit onregverdig verdring en daarom is en bly dit die ideaal waarna gestreef word. Die skerpste en sterk inset het egter gekom van Dr Danny Titus, onder die provokatiewe opskrif, Joubert jaag sy eie stert. Titus is onomwonde daaroor dat bruin mense hul regmatige plek moet opeis, sosiaal en ekonomies. Die tyd vir 'n apologetiese houding is verby en dis tyd vir aksie. Daarom die stigting van 'n beweging wat op grondvlak, mense en gemeenskappe se lewensomstandighede wil en gaan verander.

Miskien is dit ook tersake om die uiters relevante en uitdagende artikel van Jacob Rooi, Bruine neem jou kruisie op; red jouself, ook by te sleep. Hy verwys nie spesifiek van die debat nie, maar dis duidelik dat sy inset deel is van die breere gesprek wat besig is om vlam te vat regoor die land in bruin gemeenskappe.

Thursday, May 15, 2008

Rassisme ? Nee, swak maniere- R van der Ross

Wat word deesdae die meeste bespreek – die nalatenskap van apartheid, die demokrasie, ras en rassisme, of Eskom?

Bo-aan my eie lys is ras en rassisme. Hoekom? Sommer.

Sommer omdat ek verlede Vrydag uitgery het na die Paarl om te luister na ’n lesing oor en ’n bespreking van rassisme.

In die kollig was die skrywer Ryland Fisher en sy nuwe boek, Race. (Fisher het wel meestal Engels gepraat – in die Afrikaanse Taalmuseum nogal – maar die gehoor was oorwegend Afrikaanssprekend.)

En nou sit ek en peins oor Vrydagaand se dinge. Dis ’n interessante boek, wat betref Fisher se hantering van sy onderwerp. Hy het onderhoude gevoer met 17 of wat Suid-Afrikaners ut verskillende agtergronde – van ’n skooldogter tot ’n kabinetsminister; van Rhoda Kadalie tot Melanie Verwoerd; van ’n vorige universiteitsrektor tot ’n werklose bruin man in die Kaap.

Fisher stel vrae, teken die antwoorde aan, en stel sy eie menings. En dan word die saak vir bespreking oopgestel in die Paarl.

Dis jammer, uit my oogpunt gesien, dat daar so min “anderskleuriges” was, maar die vergadering is glo gereël ter ere van wyle eerw. Abe Maart, van die Paarl, en dit verklaar seker waarom dit nie wyer geadverteer is nie.

Maar om terug te kom na ras en rassisme: Die ou Grieke het mekaar gegroet met die woorde “Wie is jy, en uit watter stad (land) kom jy?” Met hierdie twee stukkies inligting kry jy die vreemdeling in fokus, as’t ware. Jy weet, in ’n mate, watter soort mens hy is, jy weet iets van sy kultuur. Jy weet hoe jy hom ten beste kan hanteer. Jy is nie vir of teen hom nie; dis iets wat later kom, namate jy meer van hom weet.

Is dít nie hoe ons ons eie benadering tot vreemdelinge aanpas nie? En daar is niks mee fout nie. Ons het wel vooroordele of stereotipes wat nie altyd pas nie, want die vreemdeling voor jou is wel vir jou vreemd. Maar jou vooroordele help om jou evaluering van hom of haar aan die gang te sit.

Niemand (behalwe Fisher self, en later meer daaroor) erken dat hy of sy ’n rassis is nie. Want rassisme is ’n lelike woord. Die ander ou is altyd die rassis, nie ekself nie.

Fisher skryf egter op bladsy een: “I believe that I am a racist because my entire life I have been groomed to become one.”

Gewis ’n goeie manier om die boek aan die gang te kry. Prikkelend. Uitdagend. Maar nie waar nie.

Want as dit waar was, sou hy nie hierdie boek geskryf het nie. Hy sou ’n boek geskryf het waarin die deelnemers aan die debat nie die vinger van blaam sou gewys het na die mense of landswette of situasies wat hul menswaardigheid gekrenk het nie. Liewer ’n boek waarin die deelnemers apartheid of rassediskriminasie sou verdedig as nodig, positief of selfs as Godgegewe. Maar daar bestaan mos nie meer sulke mense in Suid-Afrika nie, of hoe?

Die een ding wat ek in die bespreking gemis het, was ’n definisie van rassisme. Kyk, die boek se naam is Race. Maar om van ras te praat is wetenskaplik. Dus is ons gevra oor rassisme. Dis iets anders. Dit gaan oor gedrag, oor verhoudinge. Oor die inneem van standpunte ten opsigte van ander mense op grond van hul ras. Ek noem iemand ’n rassis as hy meen hy is meerderwaardig op grond van sy eie velkleur.

Baie van die beskuldigings van mense as rassiste gaan eintlik oor hul swak maniere. Sê maar iemand druk voor ’n ander by ’n winkel se betaalpunt in. Doen hy dit omdat hy wit en die ander mens bruin is, dan is hy ’n rassis. Maar as hy dit doen net omdat hy haastig is, dan is hy gewoon ongemanierd.

En mense is soms te fyngevoelig. Hulle sien rassisme waar dit nie is nie. Twee mense klets in ’n winkel, salig onbewus dat hulle die gang versper. Hier kom ek aan en kan nie verbykom nie. Ek kan ekskuus vra, dan sê hulle ekskuus en laat my verbykom. Maar ek kon ook anders optree. Ek sien hulle is wit, laat my gevoelens opvlam omdat ek bruin is, en dan kla ek dat hulle rassisties was.

Ons lewe in ’n wêreld vol van wantroue, woede, aggressie en sonde. Om te lewe asof daar eendag hemel op aarde gaan wees, waar almal van liefde teenoor almal oorborrel, is wensdenkery. Ons sal maar moet saamleef met ’n mate van onaangenaamheid oor baie dinge – soos rassisme.

) Prof. Richard van der Ross is ’n voormalige rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland.

(Erkenning aan Die Beeld)

Wednesday, May 7, 2008

MIxed world


A new coloured website, Mixed World has just been launched. It will definitely go to our blogroll. This initiative follows on a flood of Coloured facebook groups, also the very popular, Bruin-ou and other blogging types like Beyond Identity. The recent one-man commedy of Stuart Taylor, Techni-coloured and others certainly affirm our observation last year on the surge of Coloured identitygroups within popular culture and in particular amongst young people. Mixed world and Bruin-ou seems to follow the same trajectory and could be coming from likeminded guys, if not the same. The website is userfriendly with bells and whistles of Web 2.0 etc, whilst the theory behind these still seem to allude to the definition of Coloured in terms of the notion of mixture, if not blood or genetics then at least in terms of culture. Bottomline is that an evident, self-assured Coloured-ness is rising to the challenge and that need to be applauded.

Tuesday, May 6, 2008